Ek het my eerste paar Freestyle Mopane's in 2012 in Nelspruit gekoop. Dit is die beste paar skoene wat ek in my hele lewe gehad het !!(ek dra al skoene vir 64 jaar)Die afwerking is baie goed en die dra-ervaring is heerlik, my voete raak nooit moeg in my Mopane's nie! Nou, na 8 jaar se daaglikse dra het die regterskoen se leer egter begin bars en albei skoene se sole het n kraak ontwikkel. Ek kan nie sonder my Mopane's aangaan nie,daarom het ek nou vir my n nuwe paar no.13's bestel.
Baie dankie vir u goeie diens! My nuwe Mopane's is pragtig en sit baie gemaklik, en uit ervaring weet ek dat hulle lank sal hou. Definitief die geld werd,selfs vir n pensioenaris!